So, here's the GOOD NEWS...

SOILL > News > Archive > Super Canola Produsente vereër

Die afgelope seisoen se Super Canola Produsente is onlangs vereër tydens onderskeidelik die Overberg Agri voorsaaidag te Rietpoel asook die SKOG voorsaaidag gehou op Moorreesburg.

Die Super Canola kompetisie word jaarliks aangebied deur die Proteïennavorsingstigting (PNS) met die doel om inligting uit te ruil en beskikbaar te maak vir ander produsente. Elke produsent skryf ‘n kamp in waarna die opbrengs en praktyke bepaal word en sodoende word die “wenners” aangewys aan die einde van die seisoen.

Die wenners in die onderskeie areas en kategorieë was as volg:

SUID-KAAP

Hoogste opbrengs:                                          SFS Boerdery te Swellendam (3.048 ton/Ha)

Beste Bruto Marge:                                         Langhoogte Plase te Caledon (R9 415 / Ha)

Hoogste opbrengs per mm reën:                  SFS Boerdery te Swellendam (11.247 Kg/mm reënval)

 

SWARTLAND

Hoogste opbrengs:                                          Boet le Roux van Hermon (2.54 ton/Ha)

Beste Bruto Marge:                                         Boet le Roux van Hermon (R7 065 / Ha)

Hoogste opbrengs per mm reën:                  Izak Smith te Eendekuil (7.09 Kg/Ha reënval)

 

Namens SOILL wil ons vir hierdie produsente baie geluk sê met hierdie prestasies en bedank vir hulle getroue ondersteuing deur die seisoen. Meer inligting sal ook binnekort op die webblad geplaas word om die produsente se wenresepte bietjie van nader te bekyk.

FOLLOW US